In al die jare sedert 1997 het ons nog nooit iemand teëgekom wat so vinnig so baie beertjies kan brei nie. Die afgelope vyf jaar het Bettie Aucamp al meer as 1,500 beertjies gebrei. ‘n Ware kampioen!
Maar ons dank aan almal wat betrokke is: ons breiers, snoeitjiemakers, vaswerkers, opstoppers, lintjie-strikkers, ogiesmaker (een persoon wat hul almal maak!), kaartjiemakers, uitdelers te same met die Evangelieboodskap, borge en VOORBIDDERS! Elkeen speel ‘n enorme rol om die Here se liefde na ander te versprei
By ‘n spesiale geleentheid is ons drie Beertjie Koninginne gekroon!