Een van ons lidmate, Adriaan Kruger, is werksaam by Helpende Hand se Ons Winkel in Edenvale, Van Riebeecklaan 69.
Deur middel van “Ons Winkel(s)” dwarsoor die land poog Helpende hand om daardeur nie net werksgeleenthede te skep nie, maar ook om studiefondse vir studente te genereer, en ook om goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek te verskaf.
Hoe kan jy help?
- Besoek Ons Winkel(s) en gaan KOOP iets.
- Doen voorbidding vir Ons Winkel(s) sodat hul projekte volhoubaar kan wees.