Sondag, 3 April 2022, was daar groot opgewondenheid in die kerk. Pappa Singeant en Mamma Henriëtte het klein Olivia Selley laat doop.
Ja, jy het seker gesien hoe hulle voor in die kerk by dominee Paul Nel gaan staan het, nê!
Baie baie jare gelede in die Ou Testament het God ‘n verbond (‘n ooreenkoms) met Abraham aangegaaan dat God altyd en altyd vir Abraham en sy familie Sy God sal wees. En ons is ook deel van daardie verbond. God wil ook ons God wees. Jou God, Pappa se God, Mamma se God, Oupa se God, Ouma se God, Boetie, sussie, en nog baie, baie ander mense ook. Is dit nie wonderlik nie!