Ons is die Here baie dankbaar dat ons betrokke kon wees by hierdie uitreik om ‘n skenking van die volgende te kon maak:
- 100 individuele presentjies van paaseiers, koekies en ‘n Bybelvers
- Mieliemeel
- Rys
- Stampmielies
- Soja
- Grondboontjiebotter
- Konfyt
- Paasbolletjies
- “Baked beans”, en ander items.
En dan was ons Beertjie Diensgroep ook bevoorreg om 15 beertjies te kon skenk vir die kinders.
Baie groot dankie aan Wyk B3 se lede vir al die skenkings, aan Vera in New Redruth wat alles in ontvangs geneem het en aan Pastoor Lynnette Stander wat alles kom oplaai het en deurgevat het na die plot in Buyscelia.