Boeke, boeke en nogmaals boeke. Niemand wil van sy geliefde leesstof ontslae raak nie, maar soms noodsaak ‘n TREK dat daar by die nuwe blyplek eenvoudig nie genoeg plek gaan wees nie.
Lidmate van die Gereformeerde Kerk Brackenhof het besluit om opruiming te hou en is kartonne vol boeke bymekaar gemaak. En hoera, nou is daar eweskielik baie lesers wat hierby gaan baat. En ‘n nog groter hoera, nou is daar weer oop pakplek op die boekrak om nuwe leesstof te bêre!