Suurlemoene en konfyt

As jou suurlemoenboom se takke dreig om te breek, begin jy suurlemoene uit te deel en uit te deel en uit te deel. En as daar oorbly, begin jy konfyt te kook en te kook en te kook.

Burt en Lie Potgieter se boom was baie vrugbaar vanjaar. En hulle het ingespring met suurlemoene pluk, botteltjies en suiker bymekaar maak, en toe begin die groot kook en sterilisasie van bottels.  Wyke A2 en B1 is ingespan om te help met die opplak van ettikette en die opsit van doiletjies. En toe begin die uitdeel … aan vriende, familielede, gemeentelede, bejaarde te huise en nog vele meer. Te same met Thelma Oosthuizen is ook 40 botteltjies uitgedeel by Xavier bejaarde te huis.

Aan almal wat betrokke was met die fisiese werk, maar ook met skenkings in die vorm van botteltjies, suiker, doiletjies en kaartjies, en met die uitdeel … ‘n groot dankie.