Randvaal Beertjies

Randvaal Tehuis

Randvaal Tehuis het reeds sy bestaan in 1990 gehad en is geregistreer as ‘n NPO en PBO. Die Tehuis is afhanklik van inkomstes vanaf die inwoners, die gemeenskap en ander organisasies. Huidig is daar 35 inwoners (maksimum kapasiteit is 40).

Hulle is geleë te Plot 9, Tolbosweg, Valley Settlements, Randvaal

Kontaknommer: 061 358 0582

Vir meer inligting, besoek hul webwerf by: https://randvaaltehuis.co.za/

 

Met Paasfees 2021 het Wyk B3 hul eerste uitreik na hierdie Tehuis gehad en was ons bevoorreg om vir elke inwoner, werker, versorger en selfs vir elke bestuurslid een van ons  liefdes-teddiebeertjies te kon gee.

Paasbolletjies en paaseiers is ook geskenk.

Liewe Vriend

“Kyk wat ’n groot liefde die Vader aan óns bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Hierin is die liefde: nie dat óns God liefgehad het nie, maar dat Hý ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ’n versoening vir ons sondes.”

1 Joh 3:1 en 4:10

Met baie liefde van ons almal by die Gereformeerde Kerk Brackenhof, Alberton

Dear Carer

Thank you for being there for our elderly during Covid.

Your love and care for the frail is greatly appreciated by the community.