Randvaal Toiletware

Wyk B3 se “Share & Care-uitreik”

Wat is dit? Dit is om met dankbaarheid uit jou oorvloed met ander te deel. 

Om uit dank, vir ons eie oorvloed en genade wat ons van die Here elke dag ontvang, het Wyk B3 besluit om weer uit te reik na Randvaal Tehuis. As gevolg van 2021 se Covid-inperkingmaatreëls kon bejaarde tehuise nie besoek word nie, en bejaardes kon ook nie maklik bejaarde tehuise verlaat nie. Wyk B3 het daarom vir al die bejaardes (30) en hul helpers (ook 30) van Randvaal Tehuis toiletware bymkeaar tgeaak. Die gemeente Brackenhof se hulp is ingeroep om 60 van alles bymekaar te maak: Waslap, seep, tandeborsel, tandepasta, deoderant, lyf- of handeroom, sjampoo, lipice, skeermessies en skeerroom (vir die mans), 

Al gou het ons genoeg gehad en het die verpakking tydens een van ons Bybelstudiebyeenkomste plaasgevind. Ons dank aan Carla en Freddy wat die geskenkpakkies gaan aflaai het, en met baie groot waardering in ontvangs geneem is.

 

Heb 13:16

“Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.”